Submissions

Login or Register to make a submission.

Author Guidelines

Authors are invited to make a submission to this journal. All submissions will be assessed by an editor to determine whether they meet the aims and scope of this journal. Those considered to be a good fit will be sent for peer review before determining whether they will be accepted or rejected.

Before making a submission, authors are responsible for obtaining permission to publish any material included with the submission, such as photos, documents and datasets. All authors identified on the submission must consent to be identified as an author. Where appropriate, research should be approved by an appropriate ethics committee in accordance with the legal requirements of the study's country.

An editor may desk reject a submission if it does not meet minimum standards of quality. Before submitting, please ensure that the study design and research argument are structured and articulated properly. The title should be concise and the abstract should be able to stand on its own. This will increase the likelihood of reviewers agreeing to review the paper. When you're satisfied that your submission meets this standard, please follow the checklist below to prepare your submission.

Gasredakteur:

‘n Stelsel van roterende gasredakteurskappe op uitnodiging van die Eindredaksie word gevolg om ‘n oop forum aan uiteenlopende standpunte en benaderingswyses te bied. Gasredakteurs mag dus navorsingsbydraes aanvra wat bepaalde literêr-beskoulike, tematiese of ander velde en invalshoeke betreffende (aspekte van) die Afrikaanse letterkunde of letterkundeonderrig dek. Gasredakteurs is verantwoordelik vir die keuringsproses volgens die voorgeskrewe prosedure.

Keuring:

Alle bydraes word deur ten minste twee keurders op akademiese grond gekeur. Artikels wat elders in geakkrediteerde Suid-Afrikaanse tydskrifte verskyn het, sal nie vir publikasie oorweeg word nie.

Formele vereistes:

Taalmedium: manuskripte kan in Afrikaans, Nederlands of Engels voorgelê word.

Die manuskrip: moet in A4-formaat wees, in dubbelspasiëring, met ruim kantlynspasies, tesame met taalversorging voorgelê word.  Dis verkieslik dat die manuskrip slegs elektronies voorgelê word en reeds taalversorging geredigeer is.

Lengte: Alhoewel ‘n langer artikel oorweeg sal word, word ± 5 woorde as Algemene riglyn gestel.

Stylfasette:

  • Die artikel moet voorsien word van ‘n voorblad waarop slegs die titel van die artikel, en die outeur se naam, adres en professionele affiliasie verskyn. Die artikel self begin dan op die volgende bladsy met die titel en abstract.
  • Die titel moet so kor ten bondig moontlik wees. Genommerde opskrifte en subopskrifte moet met Arabiese syfers genommer word, byvoorbeeld 3 word gevolg deur 3.1, 3.1.1 en 3.1.1.1 (tot hoogstens die vierde vlak).
  • Artikels moet verkieslik verdeel word in subparagrawe met gepste opskrifte.
  • Afkortings en akronieme in die normale teks is nie aanvaarbaar nie. Akronieme wat algemeen gebruik word, byvoorbeeld VSA, es egter aanvaarbaar.
  • Kursivering word as aanduiding van beklemtoning, of van 'n woord of uitdrukking uit 'n ander taal, of van 'n boek- of bladtitel gebruik .
  • Grafiese voorstellings, sketse, diagramme, tabelle moet reeds deel vorm van die finale dokument.

Abstract:

Alie artikels moet voorsien word van'n taalversorgde abstract ('n opsomming ' in Engels) van nie langer as 150 woorde nie.

Mede-Outeurskap:

Artikels wat voortspruit uitverhandelings of proefskrifte:Voor die voorlegging van die artikel moet die skrywer oorleg pleeg met die studieleier/promotor.

Verwysingsmetode:

Die verkorte Harvard-metode van verwysing moet gebruik word. Verwysing in die teks word soos volg aangebring: Joubert (1997:224) of (Joubert, 1997:224). By verwysing na werke van Klassieke of Middeleeuse outeurs word die naam van die outeur, die Latynse/Griekse titel van die werk (kursief), en die boek, hoofstuk, paragraaf of reëlverwysing (in Arabiese syfers met punte tussenin) vermeld, byvoorbeeld:

Vergilius (Aeneïs 12.601); of

Cicero (de Officiis 1.13.2).

In die geval van aanhalings uit anonieme koerantberigte, resensies en dergelike word die verwysing byvoorbeeld soos volg (betreffende 'n koerantberig) gehanteer: "Net die opspraakwekkende in 'n roman ... haal die voorblad" (Anoniem, 1992:8).

Voetnote/Aantekeninge

Die gebruik van voetnote/aantekeninge moet sover moontlik beperk word. As dit egter noodsaaklik is om van voetnote of aantekeninge gebruik te maak, dui die nommers daarvan op die tersaaklike bladsye aan en verstrek die volledige tekste van die voetnote/aantekeninge in numeriese volgorde voor die bibliografie aan die einde van die artikel.

Bibliografie

Bibliografiese besonderhede word in die literatuurlys verskaf, en nie by wyse van voetnote nie'. Slegs werke waarna in die teks van die artikel self verwys word, moet in die literatuurlys opgeneem word en alfabeties gerangskik word, byvoorbeeld:

Anoniem. 1992. Roman wek opspraak. Die Burger, 16 Februarie:8.

Botha, Elize. 1987. Die hart is in die fees - 'n aspek van intertekstualiteit in die romans van Etienne Leroux. In: Malan, C.W. & Van Collet, H.P. (reds.). Vanweë die onbewuste. Pretoria: HAUM-literêr. 141-152.

C.A.W. 1992. lndrukwekkende debuut. Die Volksblad, 14 Maart.

Du Plooy, H.J.G. 1986. Verhaalteorie in die twintigste eeu. Durban: Butterworth.

Pratt, Mary Louise. 1977. Towards a speech act theory of Literary discourse. London: Indiana University Press.

Van Rensburg, F.I.J. 1989. Van Wyk Louw en sensuur. Literator 10(2), Augustus:30-44.

Van Zyl, Dorothea. 1993. Hennie Aucamp sê totsiens aan kabaret. Die Burger, 11 Mei:8.

Bladuitleg

  • Titels van artikels en paragraafopskrifte in vetdruk (nie hoofletters nie, behalwe waar hoofletters noodsaaklik is). Titels van publikasies kursief.
  • 'n Subtitel word deur 'n dubbelpunt of aandagstreep van die titel geskei, byvoorbeeld: Die mutasie van feit tot fiksie: die gebruik van kodes in Jonkmanskas van Koos Prinsloo.
  • Opskrifte van paragrawe: nie hoofletters nie. Geen punt na opskrif nie.
  • Na die opskrif van die eerste subparagraaf volg 'n spasie en die eerste paragraaf sonder inkeping. Tussen paragrawe word geen spasie oopgelaat nie, maar paragraafaanvange word ingekeep.

Menings en kopiereg:

Menings wat in die artikels uitgespreek word, is telkens die van die betrokke outeurs en word nie noodwendig deur die Gas- en/of Eindredaksie of die Afrikaanse Letterkundevereniging_onderskryf nie. Kopiereg berus by die outeurs.

Submission Preparation Checklist

All submissions must meet the following requirements.

  • This submission meets the requirements outlined in the Author Guidelines.
  • This submission has not been previously published, nor is it before another journal for consideration.
  • All references have been checked for accuracy and completeness.
  • All tables and figures have been numbered and labeled.
  • Permission has been obtained to publish all photos, datasets and other material provided with this submission.

Articles

Section default policy

Privacy Statement

The names and email addresses entered in this journal site will be used exclusively for the stated purposes of this journal and will not be made available for any other purpose or to any other party.