Die hart van die saak

Authors

  • Jaco Fouché Author

DOI:

https://doi.org/10.65407/stilet37-15

Abstract

Ek was 32 toe ek as binnepasiënt opgeneem is. Hoewel ek dit toe nie kon weet nie, was dit aan die einde van my werkslewe, insoverre dit ure op stel en regisseurs of begeleiers met verwagtinge behels. Miskien kan jy selfs sê ek was aan die einde van my volwasse lewe. My twintigerjare is gekenmerk deur verwarring, onwysheid, en herhaalde mislukkings. Ek het klein rolle in verskillende produksies gekry wat een en almal uiteindelik niks beteken het nie. Ek was ook eens getroud. Waar die rolle vergeetbaar was, het ek die vrou gemis wanneer ek haar op televisie sien, maar ek het besef ek moet haar nie kontak nie. Ek was anders. Ek was beperk. Ek het ander weë bewandel. Ek was ‘n pasiënt.

Published

01-11-2025

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die hart van die saak. (2025). Stilet: Tydskrif Vir Die Afrikaanse Letterkundevereniging, 37(1-2), 149-153. https://doi.org/10.65407/stilet37-15