Gebeente van Etienne van Heerden

Authors

DOI:

https://doi.org/10.65407/stilet37-14

Abstract

Die ekokritikus Susan Meyer (2024) skryf in ’n betreklik onlangse ondersoek dat die Karoo diep in die psige van die Suid-Afrikaanse letterkunde lê. Etienne van Heerden se roman Gebeente, waarin die skrywer terugkeer na die Karoo, is ’n sterk beaming van die literêre belang van hierdie landskap. Die roman speel af net ná die COVID-pandemie – oftewel, die Adem-pes, soos daarna in die teks verwys word – in die dorp, Gebeente. Soos met baie van Van Heerden se romans, is daar metatekstuele aspekte aan hierdie teks, soos wanneer sommige van die karakters, die plot en die verhaal self ín die vertelling oorweeg word.

Author Biography

  • Reinhardt Fourie, Universiteit van Suid-Afrika

    Universiteit van Suid-Afrika

Gebeente van Etienne van Heerden

Published

01-11-2025

Issue

Section

Resensie-Essays

How to Cite

Gebeente van Etienne van Heerden. (2025). Stilet: Tydskrif Vir Die Afrikaanse Letterkundevereniging, 37(1-2), 133-137. https://doi.org/10.65407/stilet37-14